Cannes-rolprentfees 2008

  Cannes-rolprentfees 2008 

Datum 14-25 Mei 2008
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Édouard Baer
Getal prente  22 (In Kompetisie)
20 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Blindness
Afsluitingsfliek  What Just Happened
Palme d'Or  The Class

Die 61ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2008 gehou. Benewens die flieks wat om pryse meegeding het, het groot Hollywood-produksies soos Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull en Kung Fu Panda hul premières hier gehad. Die Amerikaanse akteur en regisseur Sean Penn was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 51 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Franse rolprent The Class (Entre les murs), met Laurent Cantet as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Fernando Meirelles se Blindness[2] en afgesluit met What Just Happened van Barry Levinson.[3]

  1. "Edouard Baer, emcee of the 62nd Cannes Film Festival". festival-cannes.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 2 Januarie 2009.
  2. Cannes Film Festival 2008 opener: the end of civilisation. telegraph.co.uk. 10 Desember 2013
  3. "2008 Cannes Film Festival Lineup. voices.yahoo.com. 10 Desember 2013". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2014. Besoek op 10 Desember 2016.

Developed by StudentB